top of page

Wat ouers en onderwysers kan verwag

 

Hierdie boek bied ’n gestruktureerde, Bybels-gefundeerde hulpmiddel om kinders te help groei in geloof, identiteit en emosionele veiligheid.

 

Elke Ou-Testamentiese storie word nie net vertel nie, maar doelbewus gekoppel aan Nuwe-Testamentiese beginsels, die kind se identiteit in YHWH, en praktiese toepassing in die alledaagse lewe. U kry ook ‘n 52 weke uitgewerkte motiverings verse.

 

Een vir elke week asook ‘n 52 weke identitiets versterking table. Een identitiets versterkings verse vir elke week.

 

Ouers en onderwysers kan verwag dat elke hoofstuk: • ’n duidelike, ouderdomsgepaste storie bevat (Graad 1 – 6. Spelwoorde is vanaf graad 3 – 6) • Begripsvrae insluit om gesprek, nadenke en emosionele insig te bevorder • Spelwoorde bied om lees-, skryf- en taalontwikkeling te ondersteun • Ouer- en kind-gebede insluit wat saam gebid kan word • Praktiese voorbeelde gee om Bybelse beginsels konkreet te demonstreer Die boek is ontwerp om verhouding te bou, nie om prestasie te meet nie.

 

Dit help volwassenes om geloof op ’n veilige, nie-dwingende manier oor te dra, waar kinders vry voel om vrae te vra en eerlik te reageer.

 

Deur die kombinasie van stories, vrae, spelwoorde en praktiese toepassing word leer holisties—kop, hart en lewe. Hierdie hulpbron is ideaal vir gesinsgebruik, homeschool en Christelike onderwys.

 

Dit vereis geen spesiale opleiding nie—slegs tyd, teenwoordigheid en die bereidwilligheid om saam met kinders te groei. Die einddoel is nie perfekte antwoorde nie, maar die vestiging van ’n sterk geloofs- en identiteitsfondasie wat kinders met vertroue die wêreld instuur.

 

Hierdie is 2 boekies. Elkeen kos R 199. Insluitend is jou bylaag met jou inkleurprente

My Bybelstories

R199,00Price
    external-file_edited.png

    079 507 1307

    yadayahcounseling@gmail.com

    ADVISORY: I am not a qualified healthcare physician and cannot diagnose, treat or cure any disease. Any information given about health and wellness on this site is solely for educational purposes and is not the advice of a licensed medical professional. 

    bottom of page